Welkom by NHS Welcomes you
Nuwe Hoop Skool / New Hope School
Nuwe Hoop Skool is 'n departementele skool wat in 1971 gestig is en wat gemoeid is met die opvoeding en onderrig van:
-
Kinders met serebrale gestremdheid (of statiese enkefalopatie): veroorsaak deur skade aan die onryp en ontwikkelende brein voor, met of na geboorte. Verskeie fisiese probleme, insluitende wanfunksie van die sensories-motoriese stelsel, kan hieruit voortspruit.
-
Leerders met permanente fisieke gestremdhede as gevolg van trauma of aangebore afwykings.
-
Leerders met metaboliese afwykings of sindrome wat steeds baat kan vind by die gewone akademiese program soos by hierdie leersentrum aangebied word.
-
Leerders met serebrale gestremdheid of fisieke gestremdheid wat verstandelik gestremd, maar nie verstandelik erg-gestremd is nie.
-
Leerders met leergestremdheid.
Verwysings en Opnames van Leerlinge:
-
Leerders en voorskoolse kinders word deur skole, sielkundiges, terapeute, psigiaters en ander medici na die Sielkunde Afdeling van die skool verwys.
-
Besluite rakende opnames, word in samewerking met die Onderwyshulpdienste van die Gauteng Onderwysdepartement geneem.
|
|



